全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

’n Kwantitatiewe ondersoek na die invloed van enkele demografiese veranderlikes wat verband hou met vroulike ampsdraers

DOI: http:// dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.102

Keywords: Vrou in die amp , gender , patriargie , houding , diskriminasie , stereotipering en vooroordeel

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Hierdie artikel ondersoek lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers. Vir die doel van hierdie navorsingsprojek is die volgende navorsingsvraag geformuleer: Wat is kerklidmate se houding teenoor vroue as ampsdraers in die gemeente? Hierdie navorsingsvraag is met behulp van die volgende hipotese ondersoek: Daar is statisties-beduidende verskille tussen kerklidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers en ’n aantal demografiese veranderlikes soos die geografiese ligging, die geslag, die huwelikstatus en die ouderdom. ’n Totaal van 1052 respondente bestaande uit 326 (31%) lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, 311 (29%) lidmate van die Christelike Herlewingskerk, 217 (21%) lidmate van die Gereformeerde Kerk en 198 (19%) lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk is by die ondersoek betrek. Data is met behulp van ’n biografiese vraelys, asook die Petro Jonck Houding teenoor Vroulike Ampsdraers-vraelys ingesamel. Meerveranderlike variansie-ontledings is toegepas. Satistiese analise het getoon dat kerklidmate deurgaans ’n positiewe houding aangaande vroulike ampsdraers aanneem. Verder is gevind dat die geslag, die huwelikstatus en die geografiese ligging die grootste invloed op kerklidmate se houding ten opsigte van vroulike ampsdraers uitgeoefen het. Die opleidingsvlak het geen statisties-beduidende invloed op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers uitgeoefen nie.

Full-Text

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133