%0 Journal Article %T ĄŻn Kwantitatiewe ondersoek na die invloed van enkele demografiese veranderlikes wat verband hou met vroulike ampsdraers %A Petronella Jonck %A Anda le Roux %A Lizette Hoffman %J In die Skriflig %D 2013 %I AOSIS OpenJournals %R http:// dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.102 %X Hierdie artikel ondersoek lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers. Vir die doel van hierdie navorsingsprojek is die volgende navorsingsvraag geformuleer: Wat is kerklidmate se houding teenoor vroue as ampsdraers in die gemeente? Hierdie navorsingsvraag is met behulp van die volgende hipotese ondersoek: Daar is statisties-beduidende verskille tussen kerklidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers en ĄŻn aantal demografiese veranderlikes soos die geografiese ligging, die geslag, die huwelikstatus en die ouderdom. ĄŻn Totaal van 1052 respondente bestaande uit 326 (31%) lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, 311 (29%) lidmate van die Christelike Herlewingskerk, 217 (21%) lidmate van die Gereformeerde Kerk en 198 (19%) lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk is by die ondersoek betrek. Data is met behulp van ĄŻn biografiese vraelys, asook die Petro Jonck Houding teenoor Vroulike Ampsdraers-vraelys ingesamel. Meerveranderlike variansie-ontledings is toegepas. Satistiese analise het getoon dat kerklidmate deurgaans ĄŻn positiewe houding aangaande vroulike ampsdraers aanneem. Verder is gevind dat die geslag, die huwelikstatus en die geografiese ligging die grootste invloed op kerklidmate se houding ten opsigte van vroulike ampsdraers uitgeoefen het. Die opleidingsvlak het geen statisties-beduidende invloed op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers uitgeoefen nie. %K Vrou in die amp %K gender %K patriargie %K houding %K diskriminasie %K stereotipering en vooroordeel %U http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/102