|
’n Oorsig oor maatskaplik verantwoordbare navorsing en onderrig in die lewenswetenskappeKeywords: maatskaplik verantwoordbaar , onderrig , lewenswetenskappe Abstract: Ons verantwoordbaarheid of toerekenbaarheid teenoor die staat en gemeenskap vir die navorsing en onderrig wat ons doen, is redelik gevestig. Dit word egter in ’n groot mate deur ons lewens- en wêreldbeskouinge be nvloed (Cetina 2005–2006:7). Cetina (2005–2006:8) onderskei tussen drie ‘vorms’ van verantwoordbaarheid, te wete etiese of filosofiese verantwoordbaarheid, maatskaplike verantwoordbaarheid en produktiewe verantwoordbaarheid. Whitty (2008:11) brei hierdie dimensies verder uit en voeg aspekte soos regsverantwoordbaarheid, interne verantwoordbaarheid en kontraktuele verantwoordbaarheid by tot die lys.
|