|
DIE GESKIEDENIS VAN DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG IN SUIDAFRIKA, 1899-1902, DEEL VI: DIE BELEG VAN MAFEKING TOT MET DIE SLAG VAN BERGENDALDOI: 10.5787/27-1-232 Keywords: ISBN 0 7970 3321 1 , Staatshistorikus J.H. Breytenbach , die Anglo-Boereoorlog , Departement Geskiedenis , Universiteit van Pretoria Abstract: Hierdie sesde band van Staatshistorikus J.H. Breytenbach se monumentale werk oor die Anglo-Boereoorlog, 1899 - 1902, was met sy dood op 3 Januarie 1994 nog nie heeltemal persklaar nie. Die Kommissie van Toesig, saamgestel uit historici van die Departement Geskiedenis van die Universiteit van Pretoria, het naamlik sekere aanbevelings met betrekking tot die redigering van die werk gemaak wat met sy dood nog nie afgehandel was nie. Die finale afronding en tegniese versorging van die publikasie is derhalwe deur die Staatsargiefdiens behartig, dog sonder dat daar aan Breytenbach se benadering, taal en styl getorring is.
|