All Title Author
Keywords Abstract


Prebiotika: selektiewe substraat vir voordelige mikroflora

DOI: 10.4102/satnt.v24i1&2.163

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Prebiotika is voedselbestanddele wat nie deur die gasheerensieme verteer word nie. Prebiotika word in die kolon deur kolonbakterie soos bifidobakterie gefermenteer met ’n aantal voordele vir die gasheer. Dit dien as selektiewe substraat vir daardie mikroflora wat vir die mens tot voordeel strek en verhoog terselfdertyd die fermentasiekapasiteit van die kolon. Onverteerbare oligosakkariede is die beste prebiotika omdat dit die groei en kolonisering van voordelige bakterie soos bifidobakterie selektief ondersteun en die metaboliese eindprodukte nie toksies is nie. Die mees algemene voorbeelde van oligosakkariedprebiotika is fruktooligosakkariede (FOS), galaktooligosakkariede (GOS) en sojaboonoligosakkariede. Die prebiotika-probiotika-gasheerselinteraksie speel ’n rol in die integriteit van die gastro ntestinale kanaal, mukosale immuniteit, die absorpsie van minerale en ander aspekte van die mens se fisiologie. Abstract Prebiotics: selective substrate for beneficial microflora Prebiotics are food ingredients that are not digested by the host’s digestive enzymes. Prebiotics are fermented in the colon under influence of colon bacteria such as bifidobacteria. It serves as selective substrate for those microflora that benefit the host and simultaneously increases the fermentation capacity of the colon. Oligosaccharides are the best general prebiotics as they stimulate the growth and colonisation of beneficial bacteria such as bifidobacteria and their metabolites are not toxic. Common examples of prebiotics include fructooligosaccharides (FOS), galactooligosaccharides (GOS) and soybean oligosaccharides. The prebiotic-probiotic-host cell interaction plays a role in the integrity of the gastrointestinal tract, the mucosal immune system, the absorption of minerals and other aspects of the human physiology.

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

微信:OALib Journal