全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Die verspreiding en habitat van Chambardia wahlbergi en Chambardia petersi (Bivalvia: Iridinidae) in Suid-Afrika

DOI: 10.4102/satnt.v31i1.39

Keywords: Verspreiding , varswatermossels , Suid-Afrika

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Die verspreiding en habitat van Chambardia wahlbergi en C. petersi, soos weerspie l deur data in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVWSV) word weergegee en bespreek. Alhoewel die verspreiding van hierdie twee spesies grootliks in die Limpopo- en Mpumalangaprovinsie oorvleuel, kom C. wahlbergi, anders as wat in die literatuur gerapporteer is, ook in die Noordwes- en Vrystaatprovinsie in die wesvloeiende Vaalrivier en in verskeie lokaliteite in die Gautengprovinsie voor. Die meerderheid monsters van beide spesies is in riviere en damme en in watertoestande wat as standhoudend, staande, helder en vars beskryf is, versamel. Multivariansie-analises het temperatuur, hoogte bo seevlak en waterliggame as faktore uitgewys wat betekenisvol tot hul geografiese verspreiding bygedra het. Min is oor die bewaringstatus van hierdie twee spesies bekend, maar die opgedateerde IUCN Rooidata-lys (Seddon et al. 2011) dui albei as nie-bedreig aan. Die meerderheid rekords van beide spesies in die databasis van die NVWSV spruit uit werk tydens die vorige eeu in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW). Meer onlangse versamelings deur die outeurs in die NKW dui egter op ‘n afname in die aantal plekke van voorkoms, asook die getalle per versamelpunt wat aan die hand doen dat daar tog rede tot kommer oor hul voortbestaan mag wees. Die feit dat besonder groot eksemplare van C. wahlbergi tot so onlangs soos 2007 meestal toevallig in die Vaalrivier aangetref is, beklemtoon die behoefte om weer omvattende opnames van varswater Mollusca, soortgelyk aan dié van die vorige eeu, van stapel te stuur om die gedokumenteerde verspreiding op te dateer en ook die vordering van eksotiese indringerspesies te moniteer. The distribution and habitats of Chambardia wahlbergi and Chambardia petersi (Bivalvia: Iridinidae) in South Africa. Based on the data in the database of the National Freshwater Snail Collection (NFSC), the distribution and habitat of Chambardia wahlbergi and Chambardia petersi, are presented and discussed. Although the distribution of these two species overlaps extensively in the Limpopo and Mpumalanga Provinces, contrary to reports in literature, specimens of C. wahlbergi were also collected in the North West Province and the Free State Province in the west-flowing Vaal River, as well as in Gauteng. The majority of samples of both species were collected in rivers and dams, in water conditions described as perennial, standing, clear and fresh. Multivariate analyses indicated that temperature, altitude and waterbodies played a significant role in the geographical d

Full-Text

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133