全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Die invloed van grootgroeponderrig op die selfgereguleerde leer van tersiêre wiskundeleerders

DOI: http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.379

Keywords: wiskunde , grootgroeponderrig , selfgereguleerd , tersiêr , Likertskaal

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

elfregulering is belangrik in die ontwikkeling van lewenslange leerders, veral by voordiensonderwysers wat op hul beurt modelleerders van selfregulering in hul eie klaskamers gaan wees. Onderrig op tersiêre vlak word grootliks gekenmerk deur tradisionele onderrigmetodes vanwe die groot groepe leerders betrokke. In hierdie studie is vasgestel of ’n bepaalde grootgroeponderrigstrategie ’n invloed het op lede van groot klasgroepe se selfregulering, al dan nie. ’n Kwantitatiewe voortoets-natoets-ontwerp is gebruik waarin die studiegewoontesveld van die Studie-Ori ntasievraelys in Wiskunde aan die begin en einde van die semester ingesluit is. In ’n tweede vraelys het leerders hul belewenis van die grootgroeponderrigstrategie volgens ’n vyfpunt-Likertskaal beoordeel en ’n oopeindevraag voltooi wat ingesluit is om moontlike addisionele verklarings te bied vir die resultate wat verkry is uit die geslote vrae van die vraelys oor grootgroeponderrig. Beskrywende statistiek is gebruik om die data te interpreteer. Uit die resultate blyk dit dat daar nie ’n verbetering in leerders se selfregulering was nie. By ontleding van die oopeindevraag het dit aan die lig gekom dat verskeie aspekte van selfregulering by leerders ontbreek, soos tydsbestuur en goeie studiegewoontes, asook die bereidwilligheid om meer as net die voorgeskrewe probleme te doen.The influence of a large group teaching strategy on the self-regulated learning of tertiary mathematics learners. Self-regulation is important in developing lifelong learners, especially in the case of pre-service teachers who will soon be models of self-regulation in their own classrooms. In many instances, teaching at tertiary level is characterised by traditional teaching methods in large classes. In this study a particular large group instructional strategy was examined to determine whether it had an influence on learners’ self-regulation. A quantitative pre-test post-test design was used which included the study habits field of the Study Orientation questionnaire in Mathematics at the beginning and end of the semester. In a second questionnaire learners rated their experience of the large group teaching strategy according to a five-point Likert Scale and completed an open-ended question that was included to yield possible additional explanations for the results obtained from the closed questions in the questionnaire about large group teaching. A spreadsheet was used to process and summarise the data. Descriptive statistics were used. The results showed that there was no improvement in learners’ self-regulation. Analysis

Full-Text

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133