全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

’n Calvinistiese kultuurbeskouing

DOI: 10.4102/koers.v37i3&4.1315

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Ons sê met opset 'n Calvinistiese kultuurbeskouing, want daar is meer as een Calvinistiese kultuurbeskouing. In die ouere werke oor die geloofs- en sedeleer van die Christen ontbreek 'n selfstandige behandeling van kultuur meestal geheel en al. Die oorsaak hiervan lê waarskynlik daarin dat die kultuur as ’n gevaar vir ’n lewe in die vrese van die HERE beskou is. Die kultuur was van ,die wêreld’ en moes sover as moontlik vermy word — hoewel die Christen tog van die vrugte van ,die kultuur’ gebruik kon maak, want of hy nou ’n vreemdeling op aarde was, of ’n pelgrim na die ewigheid of ’n wagter op ’n wagpos op hierdie aarde, hy moes tog eet en drink en aantrek. Hy moes tog leef. Maar die basiese uitgangspunt was dat ,die kultuur’ net so wêrelds was as ,die wêreld’ self en dus sover moontlik gemy moes word.

Full-Text

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133