%0 Journal Article %T Die verifi ring, verfyning en toepassing van leksikografiese liniale vir Afrikaans %A D.J. Prinsloo %J Lexikos %D 2011 %I Stellenbosch University %R 10.5788/20-0-149 %X OPSOMMING: Leksikografiese liniale vir Afrikaans en die Afrikatale is 'n dekade oud en word algemeen gebruik in die samestelling van woordeboeke. Die samestellers het dit tot dusver nie nodig geag om hierdie liniale te verifieer of te verfyn nie. Kritiek is egter uitgespreek op die samestelling van die Afrikaanse Liniaal en dit word in hierdie artikel opgevolg deur 'n poging tot verifi ring van die bestaande liniaal asook 'n herberekening of verfyning van die Afrikaanse Liniaal. Vir die verifi ring word 'n sogenaamde stresfaktor as die basiese benadering gebruik. Dertien liniale word bereken deur middel van 13 subkorpusse van Afrikaans wat doelbewus s¨® saamgestel is dat dit die mees ongunstige toestande vir die bestaande liniaal skep ten einde te bepaal tot watter mate sodanige liniale afwyk van die Afrikaanse Liniaal. Verfyning van die Afrikaanse Liniaal word gedoen deur die gemiddelde van vyf liniale te neem wat gebaseer is op di¨¦ tipes tekskategorie wat internasionaal in sogenaamde gebalanseerde en verteenwoordigende korpusontwerpe voorgehou word. Vir di¨¦ doel word korpusse saamgestel van koeranttekste, kreatiewe skryfwerk, religieuse tekste en sowel formele as informele taalgebruik. Die gemiddelde waardes van die Afrikaanse Liniaal en die verfynde liniaal word dan as 'n nuwe sogenaamde 2010 Liniaal vir Afrikaans voorgehou. Ten slotte word die onlangs voltooide dele XII en XIII van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal kortliks met die Afrikaanse Liniaal gemeet. Sleutelwoorde: LEKSIKOGRAFIE, WOORDEBOEKE, ALFABETIESE KATEGORIE , LEKSIKOGRAFIESE LINIAAL, BALANS, KORPUS, KORPUSDATA, OORBEWERKING, ONDERBEWERKING, KORPUSONTWERP ABSTRACT: The Verification, Refinement and Application of Lexicographic Rulers for Afrikaans. Lexicographic rulers for Afrikaans and the African languages are a decade in existence and are generally used for the compilation of dictionaries. To date the compilers of these rulers did not feel the need to verify or to refine these rulers. Criticism has however been expressed against the ruler for Afrikaans and this is followed up in this article by an effort to verify the existing ruler and a recalculation or refinement of the Afrikaans Ruler. For verification a so-called stress factor is used as the basic approach. Thirteen rulers are calculated by means of 13 sub-corpora of Afrikaans purposely compiled to create the most unfavourable circumstances for the existing ruler in order to ascertain to what extent these rulers deviate from the Afrikaans Ruler. Refinement of the Afrikaans Ruler is done by calculating the average of five ru %K LEXICOGRAPHY %K DICTIONARIES %K ALPHABETIC CATEGORIES %K LEXICOGRAPHIC RULER %K BALANCE %K CORPUS %K CORPUS DATA %K OVER-TREATMENT %K UNDERTREATMENT %K CORPUS DESIGN %U http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/149