%0 Journal Article %T Faktore wat houdings oor jag onder die ekonomies aktiewe bevolking in Port Elizabeth be nvloed %A Wentzel C. Coetzer %A Pieter du P. van Niekerk %J Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie %D 2012 %I AOSIS OpenJournals %R 10.4102/satnt.v31i1.38 %X ¡®n Opname oor houdings teenoor jag onder die ekonomies aktiewe publiek in Port Elizabeth is gedurende 2009 gedoen. Die doel van die opname was om faktore wat die publiek se houding teenoor jag be nvloed, te identifiseer en te ondersoek. Jag vorm ¡®n noodsaaklike deel van bewaring en wildbestuur op wildplase. Negatiewe houdings teenoor jag onder die publiek het potensieel ¡®n sosiale bedreiging vir die jagbedryf geword, wat die doeltreffende bewaring en bestuur van wild op wildplase bedreig. Hierdie sosiale bedreiging is by wyse van ¡®n statisties verteenwoordigende opname onder die ekonomies aktiewe publiek in Port Elizabeth ondersoek. Die data is met behulp van self-geadministreerde vraelyste ingesamel en 384 vraelyste is voltooi. Verskeie faktore wat die publiek se houding teenoor jag be nvloed,is ge dentifiseer. Daar is bevind dat die mate waartoe ¡®n persoon aan jag blootgestel is, asook hul sosiale verbintenisse ¡®n beduidende invloed op houdings teenoor jag het. Onkunde oor jag belemmer ¡®n persoon se vermo om ¡®n akkurate begrip van jag te vorm en het negatiewe houdings teenoor jag tot gevolg. Die opvatting dat jag nie ¡®n belangrike deel van wildbestuur vorm nie, asook die opvatting dat jag wild in gevaar stel, is grootliks vir negatiewe houdings oor jag verantwoordelik. Wanpersepsies oor jag kan reggestel word deur die publiek oor wild en die belangrikheid van jag in die bestuur van wild op te voed. Wanpersepsies oor jag kan verder aangespreek word deur die publiek daarvan te oortuig dat die prim¨ºre rede waarom daar gejag word op ekologiese oorwegings en wildbestuur berus. An investigation into factors influencing attitudes towards hunting amongst the economically active public in Port Elizabeth. A survey on attitudes towards hunting was conducted amongst the economically active public in Port Elizabeth during 2009. The aim was to identify and investigate factors influencing public attitudes towards hunting. Hunting has become an essential part of conservation and wildlife management on game farms. Negative attitudes towards hunting within the larger society have become a threat to the hunting industry, which in turn may jeopardise conservation and the effective management of game. This social threat was investigated by conducting a survey amongst a statistically representative sample of the economically active public in Port Elizabeth. Two sampling procedures, namely simple random sampling and proportional stratified sampling, were followed to ensure that a statistically representative sample was obtained. Self-administered questionnaires were used as %K wildbestuur %K jag %K wild %K houdings %K persepsies %K openbare mening %U http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/38