%0 Journal Article %T Hoofstuk 3 - Twee afdelings van een fakulteit 1934 1940 %A J.P. Oberholzer %J HTS Theological Studies/Teologiese Studies %D 2010 %I AOSIS OpenJournals %R 10.4102/hts.v66i3.919 %X Die Universiteit benoem op voordrag van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk vir dominee G.M. Pellisier in die pos Godsdienswetenskap wat deur die bedanking van professor Macmillan vakant gelaat is. Dit word die begin van ¡®n ontwikkeling van twee feitlik selfstandige afdelings binne die Fakulteit Teologie. Die toetrede van H.P. Wolmarans as vierde dosent vanwe die Nederduitsch Hervormde Kerk bring nuwe teologiese aksente. Die verhouding tussen die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Universiteit kry beslag in ¡®n skriftelike kontrak. In 1937 word dit gevolg deur ¡®n tweede kontrak waarin die ruimte geskep word vir die bestaan van twee fakulteitsafdelings. Vanaf 1938 funksioneer die twee afdelings naas mekaar met gelykluidende kontrakte. Hierdie kroniek volg dan verder die gang van Afdeling A, die afdeling beman deur ampsdraers van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Die benoeming as lektore van A. van Selms in 1938 en C.H. Rautenbach in 1939 verhoog die akademiese kwaliteit van die afdeling verder. Sitasie: Oberholzer, J.P., 2010, ¡®Twee afdelings van een fakulteit 1934 1940¡¯, in ¡®Honderd Jaar Kerk en Teologiese Opleiding: ¡®n Kroniek van die Hervormde Kerk¡¯, HTS Teologiese Studies/Theological Studies, suppl. 9, 66(3), Art. #919, 8 pages. DOI: 10.4102/hts.v66i3.919 %U http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/view/919