%0 Journal Article %T Health benefits of soy beans and soy products: a review %A CS Venter %J Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe %D 1999 %I %X Sojabone is volop, ekonomiese dieetbronne van prote en. Tans word gefokus op die moontlike rol van sojabone in die voorkoming en behandeling van sekere degeneratiewe Westerse siektes soos hart- en bloedvatsiektes, osteoporose en sekere tipes kanker. Heel sojabone bevat 40% prote ene, terwyl sojameel, sojaprote enkonsentraat en ge soleerde sojaprote en respektiewelik 50%, 70% en 90% prote en bevat. Verskeie nie-nutri ntbestanddele soos isoflavone, protease-inhibeerders, fitiensuur, saponiene en fitosterole kom in sojabone voor en is moontlik vir sekere van die voordelige gesondheidseienskappe van sojabone verantwoordelik. Die cholesterolverlagende effek van sojabone mag te danke wees aan die aminosuursamestelling daarvan, en/of verlaagde cholesterolabsorpsie of galsoutherabsorpsie, verhoogde laedigtheidlipoprote en-(LDL-) reseptoraktiwiteite, verlaagde lewercholesterolsintese, anti-oksidantaktiwiteit of verhoogde plasmatiroksienvlakke. Die nienutri ntbestanddele van sojabone mag vir die cholesterolverlagende, antikarsinogeniese en beenversterkende effek verantwoordelik wees. Meer navorsing is nodig om die meganismes op te klaar waardeur sojabone en sojaprodukte die gesondheid van die mens be nvloed. %U http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/52769