oalib
Search Results: 1 - 10 of 23 matches for " "
All listed articles are free for downloading (OA Articles)
Page 1 /23
Display every page Item
Waarom universiteitsopleiding?
P. M. Robbertse
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 1970, DOI: 10.4102/koers.v37i5.1340
Abstract: Wanneer ons die vraag Waarom universiteitsopleiding?” stel en ’n antwoord daarop wil vind, kan die vraag uit vele gesigspunte benader word. Die doel en taak van die universiteit kan byvoorbeeld die tema van die antwoord wees en die klem kan op die vormingstaak van die universiteit geplaas word. Daar kan aangetoon word dat dit die taak van die universiteit is om die student tot volwaardige volwassenheid te voer; dat die leiers van móre die studente van vandag is en dat dit van besondere belang is dat die universiteit sal meehelp om die student as religieus-sedelike persoonlikheid te vorm deur die skepping van gunstige toestande daartoe.
'n Eie Suid-Afrikaanse staatstelsel.  [cached]
A. J. Van Rooy
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 1951, DOI: 10.4102/koers.v18i5.1763
Abstract: Wanneer ons dink aan ons toekomstige Republiek word met reg dievraag gestel: watter soort Republiek ons as ideaal stel? Hierop kan net een antwoord wees: ’n Republiek met ’n eie Suid-Afrikaanse staatstelsel soos geopenbaar in die Republieke van die Oranje-Vrystaat en die Transvaal.
Die rol van die gemeente as geloofsgemeenskap in die begeleiding tot belydenisaflegging  [cached]
B. J. de Klerk,T. F. Dreyer
In die Skriflig , 2007, DOI: 10.4102/ids.v41i2.303
Abstract: Die aflegging van geloofsbelydenis is die amptelike geleentheid waartydens die gelowige voor God en die gemeente antwoord op God se verbond. Die praktyk skets dikwels ’n hartseer prentjie oor hierdie saak. Volgens Hanekom en Hendriks (1996:642) staan belydenisaflegging as liturgiese handeling waarin dooplidmate for- meel belydende lidmate van die kerk word, reeds ’n geruime tyd in die brandpunt.
Speel die Bybel nog ’n rol in die praktiese teologie?
J Janse van Rensburg
Acta Theologica , 2005,
Abstract: Dat dié vraag hoegenaamd gevra word, behoort vreemd aan te doen. Kan dit wees dat ’n belangrike teologiese vakgebied wat oor die dienswerk van die kerk in al sy fasette handel, nie aan die Bybel ’n betekenisvolle plek toeken nie? Daar is ’n hele aantal veranderlikes wat die beantwoording van hierdie vraag be nvloed. Daarom is dit die moeite werd om die vraag nader te ondersoek ten einde ’n deeglike antwoord te kan verskaf.
Religieuse pluraiteit en waarheid: die hoofstroom christelike respons
D.J Louw
Acta Theologica , 2005,
Abstract: Ons kleiner wordende wêreld konfronteer ons met ’n pluraliteit van godsdienste en ’n daarmee korrelerende pluraliteit van aansprake op “waarheid”. Hoe moet ons hierdie aansprake evalueer? Die antwoord wat die meeste Christene op hierdie vraag gee, ossilleer tussen eksklusivisme en inklusivisme. Hierdie standpunte word krities bespreek aan die hand van Karl Barth (konserwatiewe eksklusivisme), Hendrik Kraemer en Emil Brunner (liberale eksklusivisme) en Karl Rahner (inklusivisme). Daar word tot die slotsom gekom dat die standpunte van sowel die eksklusivis as die inklusivis uiteindelik mank gaan aan die subjektiewe willekeur wat hulle juis wou vermy.
Hoofdtrekken der wijsgerige problematiek in de hedendaagse mens-beschouwing*  [cached]
D. H. Th. Vollenhoven
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 1964, DOI: 10.4102/koers.v32i5&6.1420
Abstract: De geschiedenis der wijsbegeerte valt slechts met vrucht te bestuderen, wanneer men bij haar tijdstroomingen en typen onderscheidt. Tijdstroomingen treden achtereenvolgens op; de onderlinge verscheidenheid der typen daarentegen is die van denkers binnen dezelfde tijdstrooming. Ook de problematiek van die twee verschilt: de tijdstroomingen wijken onderling van elkander af in het antwoord op de vraag naar de plaats der wet, de typen echter door een grooter of kleiner verschil met betrekking tot de leer van de verticale structuur der dingen. Het minimum van historicale acribie vergt hier daarom de determineering van een conceptie naar tijdstroom en type.
Perspektief op die Bantoetuislande  [cached]
M.C. Botha
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 1968, DOI: 10.4102/koers.v35i5&6.1393
Abstract: Die onderwerp wat ek moet bespreek, is: Perspektief op die Bantoetuislande”. Ek wil dit graag op so ’n wyse vertolk dat dit eintlik op ’n besinning oor bre beleid en die toepassing daarvan neerkom. Daarom gaan ek my probeer bepaal by hooftrekke van ons beleid van veelvolkige ontwikkeling en uitgebreide besonderhede vermy. Hoewel Bantoetuislande ’n sleutelbegrip is, is daar ander fasette in die beleidstoepassing wat gepaard gaan met Bantoetuislande en selfs voor die geografiese omlyning daarvan ons aandag verdien. Deur net die ekonomiese afhanklikheid van sommige van ons onafhanklike buurstate in o nskou te neem, kan besef word dat die skepping van ’n aantal afgeslote tuislande sonder meer nie die finale antwoord is nie.
Christ-centred ethical behaviour and ecological crisis: What resources do the concepts of order in creation and eschatological hope offer?  [cached]
Martinus P. de Wit
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 2013, DOI: 10.4102/koers.v78i1.46
Abstract: The ecological crisis, as well as a limited ethical response, forces a reflection on the transformative potential of Christian ethics on an idolatrous society largely shaped by a dominant economic culture. The aim of the article was to explore how the concepts of creation order and eschatological hope may be helpful in the understanding and formulation of a Christ-centred ethical response to the ecological crisis. A review of the relevant literature was presented, limited to insights from Reformational philosophy and eco-theology into the concepts of creation order and eschatology. The main internal tensions of using the concepts of creation order and eschatological hope as resources in Christ-centred eco-ethics were highlighted and discussed. Some implications for the further explanation and development of Christ-centred eco-ethics are outlined. Christosentriese etiese gedrag en ekologiese krisis: Watter hulpbronne bied die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop? Die ekologiese krisis, asook ’n beperkte etiese antwoord hierop, dwing ’n besinning oor die vernuwende potensiaal van Christelike etiek vir ’n afgodiese samelewing wat grootliks gevorm is deur ’n dominante ekonomiese kultuur. Die doel van hierdie artikel was om te ondersoek hoe die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop nuttig kan wees in die verstaan en die formulering van ’n Christus- gesentreerde etiese antwoord op die ekologiese krisis. ’n Oorsig van die relevante literatuur, beperk tot insigte uit die Reformatoriese filosofie en ekoteologie oor die konsepte van orde in die skepping en eskatologie, is aangebied. Die belangrikste interne spanningsvelde in die gebruik van die konsepte skeppingsorde en eskatologiese hoop in ’n Christus-gesentreerde eko-etiek is uitgelig en bespreek. Sekere implikasies vir die verdere verduideliking en die ontwikkeling van ’n Christus-gesentreerde eko-etiek is beskryf.
Niet bestelde brief aan een nomade
HC ten Berge
Tydskrif vir letterkunde , 2009,
Abstract: De toendra is gebaat bij strenge vorst. Hogere temperaturen tasten de permafrost aan en maken de bodem onbegaanbaar week en modderig. In 1974 was het eind september al –15o Celsius overdag. Ofschoon de wind soms snijdend was en ongenadig, lag er sneeuw en was de Hudson Baai al goeddeels dichtgevroren. De toendra met haar prachtige witte poolvossen en schuwe kariboes, haar raven en veelvraten, haar sneeuwhoenders en hazen lag open voor treklustige bezoekers en bewoners. In Parijs echter viel onophoudelijk regen en had Breyten het werk aan zijn po tisch dagboek Soos die So stopgezet. Hij zou een jaar lang elke dag een vers noteren. “Alle skrywe is gesprek aanknoop / jy praat met iemand, / trobbel is dat niemand nie antwoord nie” noteert hij op 13 februari 1974. In september gaf hij er dan ook de brui aan – om het werk pas eind 1988 te voltooien.
Oor historiese waarheid*  [cached]
J. S. du Plessis
Koers : Bulletin for Christian Scholarship , 1964, DOI: 10.4102/koers.v31i10.1485
Abstract: By hierdie geleentheid van die amptelike aanvaarding van ’n professoraat in die Geskiedenis, vra ek u welwil- lende aandag vir enkele gedagtes oor ’n onderwerp wat ek wil betitel: oor historiese waarheid. Vooraf is egter enkele verduidelikinge nodig. (a) By die aanhoor van hierdie titel kan dadelik die vraag gestel word: wat is waarheid? Daarom moet dit in die eerste plek duidelik verstaan word dat, hoewel ek my hier ook effens op die terrein van die filosofie van die Geskiedenis gaan beweeg, dit geensins in my bedoeling lê om hierdie vraag filosofies te benader en ’n antwoord daarop te probeer gee nie. Dit gaan hier 00/ historiese waarheid, en dan wel oor historiese waarheid as ’n praktiese saak waarmee elke beoefenaar van die geskiedeniswetenskap, hetsy navorser of dosent, elke oomblik van sy lewe te doen het. Wat in hierdie verband onder historiese waarheid verstaan word, sal aanstons nader verduidelik word.
Page 1 /23
Display every page Item


Home
Copyright © 2008-2017 Open Access Library. All rights reserved.